Hit Counter

Monday, September 7, 2009

Fliek Rubriek - District 9


Nou ja...Daar sit ek op n sondag middag by die huis besig om poker op facespace te speel, en besluit toe maar om te kyk of ek al my overdraft limit geslaan het op my standard bank internet banking...En kan jy fokken glo...Daar was nog net genoeg geldjie gewees vir een van twee dinge..
1) n lap dance by n skurwe tannie sonder tanne by die cockpit daar om die hoek van my. of:
2)n movie ticket, mega slush puppie en popcorn..
Ek drop toe my bra Giel n sms en reken hom ons moet District 9 gaan koekeloer....Sowat n uur later kabel die doos my terug net om my te se hy en mammies het nounet wakker geword na n middag slapie (Seker weer lekker tussen die lakens ge dans as jy my vra)...Ons spreek toe maar af om gister na werk die fliek te gaan loer..

Nou ek wil nie te veel se oor die movie, want eerlikwaar..GAAN KYK HOM!!! Maar ek het n paar woordjies wat ek wil neerle oor hom...So luister mooi


Toe die movie eventually begin na al die voorprente was my slushie hond al klaar...Daar was net fokken ys krummels...Maar dis seker omdat ek n fokken vraat is...Maar dis nie die punt nie...Die movie begin "documentary" style soos Blair Witch project en Cloverfield...Toe skiem ek kla..."O fok!!! Ek gaan hierdie stuk kak movie uitmekaar skeer op my blog more"...Maar dis maar net om ons main karakter voor te stel...Wikus van der Merwe (Sharlto Copley)...Hy is n agent vir die MNU...Hulle is een of ander organisasie wat wapens maak en aliens se lewens moeilik maak..

Nou ek gaan nie vertel waaroor die hele storie gaan of hoekom die aliens hier is in hulle moerse spaceship wat oor Jozie hover nie...Maar ek kan vir julle se dat as julle n aanhanger is van die woord "FOK" is hierdie movie die een vir jou...Ou Wikus laat val hom meer keer as wat Earl Rose n rugby bal met sy fokken american football kit en handskoentjies laat val..Maar ou Sharlto Copley maak fokken groot rook wolke in die fliek...Sy acting is fokken spot on en hy sit nie n voet verkeerd nie...Maak n man se hart warm om te sien watse skills ons actually het in hierdie land van ons.

Die movie word ge direct deur Peter Jackson wat die Lord of the Rings movies, en King Kong gemaak het.Maar die goue prys moet gaan aan Neill Blomkamp...Hy is die bra wat die hele storie uitgedink het...Die movie is ge baseer op sy kortfilm "Alive in Joburg"...Gaan fokken koekeloer daai oukie op Youtube, en terwyl jy daar is...Check sommer sy "Halo" movie ook...Die ou is n fokken genius pappa!!!En met die yanks wat bietjie geld in die projek ingegooi het, is hierdie movie fokken EPIC!!...So...Klim NOU in jou Tata, gaan trek geldjie...En gaan fokken kyk hierdie movie!!!!Seriaas!!!Ek praat nie nou kak nie.Selfs Giel se mammies het die movie ge smaak...en sy smaak net shows op Series Channel soos Top Chef en Antiques Roadshow op daai faktap ou meubels channel...TCM

3 comments:

  1. Man ekt die movie meer geniet as Ben Hur op Slow play. My slush puppy is maar kak gewees though. Koue rooi water, maar ek dink die verwarmer was weer aan gewees agter daai toonbank. Hulle lyk hom mos in die somer net soveel soos in die winter.
    ...terug by die movie, FOKKEN SKITTEREND!!

    ReplyDelete
  2. Giel...is dit omdat mammies stuitig was aangesien die cinema so doos leeg was...By the way my spoke...Hier is n top tip....Die 5 uur show op n maandag middag...Loop soos fokken stroop...Geen sponskoppe of irriterende dose wat krummels skiet vir elke scene nie...Maar ja...terug na giel en sy gaans in n donker cinema...Of het jy die movie ge like omdat dit net n fokken AWESOME movie was??

    ReplyDelete
  3. Great Movie !!!
    Beste movie wat ek by die Cinema gesien het hierdie jaar (was my 2 de movie hierdie jaar)...

    PS. Ek hou nie van die komentaar oor Earl Rose ... hy is 'n LEEU !!!

    ReplyDelete